Our website uses necessary cookies to enable basic functions and optional cookies to help us to enhance your user experience. Learn more about our cookie policy by clicking "Learn More".
Accept All Only Necessary Cookies
Afriforum 911 ไอคอน

1.0.439 by TrackBox Technologies (Pty) Ltd


Nov 18, 2020

เกี่ยวกับ Afriforum 911

ภาษาไทย

A cutting-edge tool uniting the public in combating and reducing crime.

Die AfriForum 911-noodknoppie (voorheen AfriForum 911 Trackbox-noodtoep) koppel mense aan nooddienste en stel dié nooddienste in staat om belangrike persoonlike inligting vinnig te bereik. Die AfriForum 911-noodknoppie versamel alle belangrike inligting wat in ’n noodgeval benodig word. Deur dié toep te gebruik, kan beheerkameroperateurs enige inligting kry wat deur die nooddienspersoneel benodig word om hul werk te doen. Die NRVS- (noodreaksie-en-voorkomingsentrum-) samewerkingsnetwerk is ’n netwerk van spesialisbeheerkamers en -dienste. Dit verenig alle rolspelers in een van die mees gevorderde reaksiehulpbronne vir netwerkgebruikers, en stel lede in staat om onmiddellik hulp van enige van die AfriForum 911-noodknoppietoep se medewerkers te ontbied. Dit word wyd deur alle rolspelers oor die veiligheids-, sekerheids- en mediese bedryf heen gebruik.Sluit aan by ’n gemeenskap van mense wat Suid-Afrika graag veilig wil hou. Laai die AfriForum 911-noodknoppietoep af, wat deur TrackBox Technologies ontwerp en ontwikkel is en ’n gepatenteerde aftelfunksie insluit. Sluit by premiumlidmaatskap aan met toegang tot meer as 100 diensverskaffers, insluitend alle tipes nooddienste landwyd.

TrackBox Technologies se primêre funksie is om tegnologiese instrumente te fasiliteer, te koördineer, pas te maak en te ontwerp. Die dienste wat ons bied, is die samevoeging van pogings wat geput is uit 16 jaar se ondervinding. Dit bring fokus en balans in elkeen se pogings, insluitend rolspelers in die regering, privaat sektor en die burgery. Ons toegewyde toep-ondersteuningspan is daar om jou met enige navrae by te staan, om jou deur die opstelproses te lei of inligting te help bywerk. TrackBox Technologies en Together SA CAN (’n maatskappy sonder winsoogmerk) betrek meer as 250 samewerkers en bied die diens in vier tale. Belangrikste kenmerke en dienste:

MyKluis is jou databasis van persoonlike inligting en die ruggraat van die AfriForum 911-noodknoppie. Dit verbeter reaksietyd in noodgevalle vir onmiddellik toegang tot jou inligting. Skep ’n profiel vir jou gesinslede, lys fisieke eienskappe en laai foto’s op. Dit stel ons in staat om ’n massasoektog na enige vermiste gesinslede van stapel te stuur.

As jy jouself in ’n noodgeval bevind, maar het nie data of lugtyd nie, kan jy die “Bel my”- (“Call me”) noodpaniekknoppie druk, wat ’n “Bel my asseblief”- (Engels: Please call me) boodskap aan die beheerkamer stuur.

*SpoorMyNa word gebruik as jy aan die beweeg is. Dit voorsien die beheerkamer met ’n broodkrummelspoor van jou bewegings. Dit help ons ook om ’n ogie oor jou te hou sodat jy jou bestemming veilig kan bereik, of om die nodige hulp te ontbied as iets verkeerd loop.

*Rapporteer ’n reeks gebeurlikhede soos verdagte optrede, ongelukke, beserings en munisipale foute, of dien ’n GPS-stemnotaverslag in. Sake word outomaties geskep en ’n beheerkamerpersoneellid sal dit opvolg, toepaslike personeel inlig en verder ondersoek instel. Die kaart sal ook bygewerk word om ander in die omgewing van die geval in te lig.

Skandeer jou voertuig se lisensieskyf by die sentrum vir gevorderde medebestuurderhulp vir ondersteuning in enige voertuigongeluk of die kloning van registrasienommers, wanneer jou registrasienommer in die uitvoer van misdaad gebruik word en op die nasionale SNIPR-kameranetwerk opgemerk word.

Gekoppelde toestelle: Laat die byvoeging van gekoppelde toestelle tot jou MyKluis-profiel toe (byvoorbeeld Recoveri Microdot, iProtech en LifeAlert Panic button).

*Dienste slegs vir premiumlede beskikbaar. RSA-patentaansoekno. 2016/01552 RSA-patentaansoekno. 2016/06119 PCT-internasionalepatentaansoekno. PCT/ZA2017/050014 RSA-handelsmerkaansoekno. 2016/22381-22383 RSA-handelsmerkaansoekno. 2016/33666-33672 TrackBox Technologies (Edms.) Bpk. Together SA CAN 159-447 (maatskappy sonder winsoogmerk) Together SA CAN NPC 2013/089627/08 SAG PSIRA 2277729 SA CAN PSIRA 1711922 Handelsmerke en kopieregte van toepassing

มีอะไรใหม่ใน 1.0.439 เวอร์ชันล่าสุด

Last updated on Nov 18, 2020

UX and UI Updates
Minor bug fixes

กำลังโหลดการแปล...

ข้อมูล แอป เพิ่มเติม

เวอร์ชันล่าสุด

ส่งคำขออัปเดต Afriforum 911 1.0.439

อัปโหลดโดย

Kiki Rizky

ต้องใช้ Android

Android 6.0+

แสดงเพิ่มเติม

Afriforum 911 ภาพหน้าจอ

กำลังโหลดความคิดเห็น...
ภาษา
ภาษา
สมัครสมาชิก APKPure
เป็นคนแรกที่เข้าถึงการเปิดตัวข่าวและคำแนะนำเกี่ยวกับเกมและแอพ Android ที่ดีที่สุด
ไม่เป็นไรขอบคุณ
ลงชื่อ
สมัครสมาชิกสำเร็จ!
ตอนนี้คุณสมัครเป็นสมาชิก APKPure
สมัครสมาชิก APKPure
เป็นคนแรกที่เข้าถึงการเปิดตัวข่าวและคำแนะนำเกี่ยวกับเกมและแอพ Android ที่ดีที่สุด
ไม่เป็นไรขอบคุณ
ลงชื่อ
ความสำเร็จ!
ตอนนี้คุณสมัครรับจดหมายข่าวของเรา